Frans se wen-bobotie

Deur Barbara Joubert

Frans se wen-bobotie Foto’s: Micky Hoyle Galery

(6 - 8 porsies)

  • 2 dik snye bruinbrood
  • 375 ml melk
  • 25 ml olyfolie
  • 10 ml botter
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml blatjang
  • 25 ml bruin asyn
  • 5 ml suurlemoensap
  • 15 ml Worcestersous
  • 15 ml borrie
  • 1 kg maer beesmaalvleis
  • 100 ml ontpitte rosyntjies
  • 100 ml amandel-splinters
  • 10 ml sout
  • 3 eiers
  • 8 klein lourierblare of suurlemoen-blare

Verhit oond tot 180 °C. Breek brood in stukkies en week dit in die melk. Verhit olie en botter in 'n pan en braai uie en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg kerriepoeier en konfyt by en meng goed. Voeg blatjang, asyn, suurlemoensap, Worcestersous en helfte van borrie by. Druk melk uit brood, voeg brood by uie-mengsel en meng goed. Hou oorblywende melk eenkant. Voeg maalvleis, rosyntjies, amandel-splinters en sout by. Meng goed en braai oor lae hitte totdat die vleis net begin verkleur. Verwyder van stoof. Klits een eier en meng met maalvleismengsel. Giet in vuurvaste, gesmeerde bak. Rangskik lourier- of suurlemoen-blare bo-op bobotie en druk 'n bietjie vas. Klits twee eiers met die oorblywende borrie en melk. Giet stadig oor bobotie. Plaas bak in oondpan. Giet water om bak in oondpan tot sowat twee derdes vol. Bak vir 1 uur. Sit voor met rosyntjiegeelrys.

Verwante artikels

  • Bobotie met oond-geroosterde perskes

    Bobotie met oond-geroosterde perskes

    SARIE Maart 2010

    Dié perskes is só lekker dat jydit maklik in nagereg kan omskep met 'n bietjie room en 'n hand vol neute.

  • Bobotie-blokkies

    Bobotie-blokkies

    SARIE KOS - Lente 2008

    Gewoonlik word bobotie warm saam met rys bedien, maar ek het dit in klein blokkies gesny en by kamertemperatuur saam met blatjang voorgesit

  • SA SE Wen-tamatiebredie: Freddie Heyns

    SA SE Wen-tamatiebredie: Freddie Heyns

    Freddie Heyns van Kaapstad se bredie met die lekker vinkelgeur is ons wenner en sy suster, Estelle Share, s’n is wraggies tweede! Maar dit kom ons toe eers met die bel agter...

Kommentaar

  • Ai, ek het nou al die naaswenners se resepte gekry, maar sukkel om die Bobotie se 2 naas wenners se resepte op te spoor. Kan julle my asb laat weet waar kan ek dit opspoor op julle webpage?

    18de Jul. 2011, 08:29