Franse bruin-uie-sop
Foto’s: Donna Lewis Galery
Seker een van die goedkoopste soppe, maar ook een van die lekkerste!
(4 porsies)
- 50 g botter
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 4 (600 g) bruin-uie, in dun ringe gesny
- 60 ml meel
- 250 ml witwyn
- 2 liter goeie beesaftreksel
- 5 takkies tiemie
- 2 lourierblare
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 Franse baguette
- 100 g gruyère-kaas, gerasper
Smelt botter in 'n groot kastrol. Braai knoffel tot lig en deurskynend. Voeg uie by en verlaag hitte. Braai nou oor lae hitte vir 15 - 20 minute of totdat die uie bruin en sag is. Dis belangrik om nie haastig te raak terwyl jy die uie braai nie, want dis wat die smaak gee. Voeg die meel by en meng goed, gevolg deur die wyn wat jy laat wegkook. Voeg aftreksel, tiemie en lourierblare by. Verlaag hitte en laat prut stadig vir sowat 30 minute of totdat die vloeistof met die helfte verminder het en die sop begin verdik. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi sop in 'n oondvaste opdienbak. Plaas baguettesnye bo-op sop en strooi die kaas oor. Sit onder warm oondrooster en rooster totdat kaas gesmelt is en brood begin verbruin. Sit warm voor met ekstra brood.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Beet-en-biersop
SARIE KOS Herfs 2010
Die Russiese keiserin Katharina die Grote was glo dol oor dié sop. Haar minnaars moes dit vir haar berei en as hulle hul slag verloor het, is hulle uitgeskop.
-
Boontjiesop en volkoringbrood
SARIE - Junie 2009
In die Junie-uitgawe (nou te koop) is daar vier van Barbara se beste warm soppe en brode. Hier's twee bonus-resepte spesiaal vir die winter
-
Botterskorsie-sop
SARIE KOS Winter 2009
-
Botterskorsie-sop
SARIE KOS April/Mei 2011
Dié sop bly 'n gunsteling, maar die verskil is dat jy hier feta-kaas bo-oor krummel. Ek het klaargesnyde botterskorsie gebruik.
-
Cannellini-bone-en-hoendersop met blaardeeg
SARIE KOS Winter 2009
-
Ertjie-en-pietersieliesop
SARIE Junie 2011
Dié Britse lekkerte is elke winter op die spyskaart! Gebruik sommer bevrore ertjies.
-
Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop
SARIE - Junie 2009
Dis nou vir jou ’n uithaal-en-wys-sop, ideaal vir ’n swierige ete
-
Soortvan-vissop
SARIE KOS Lente 2009
-
Tamatie-en-soetrissiesop met kaaspoffers
SARIE KOS April/Mei 2011
Die sop is heerlik warm of by kamertemperatuur.
-
Vissop
SARIE KOS April/Mei 2011
Dié resep is lekker vinnig.
















Kommentaar