Frikkadel-kebabs

Deur Barbara Joubert & Herman Lensing, SARIE KOS Junie/Julie 2011

Frikkadel-kebabs Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dié kebabs is een van Danie Niehaus se gunstelingbraaigeregte.

(6 PORSIES)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 10 ml komynsaad
  • 10 ml fyn koljander
  • 500 g beesmaalvleis
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g rugspek
  • 10 hout-sosatiestokkies

Verhit olie in ’n pan. Braai uie, knoffel, komyn en koljander tot goudbruin en geurig. Verwyder van die hitte en voeg by die maalvleis. Meng deeglik en geur goed met sout en peper. Gebruik jou hande en rol klein balletjies van die mengsel. Draai die helfte van die balle in spek toe. Week stokkies vir sowat 10 minute in kookwater en dreineer. Ryg frikadelle en spek om die beurt op die stokkies – 4 per stokkie. Braai oor warm kole tot goudbruin en gaar, sowat 5 – 8 minute per kant. As jy nie lus het om self frikkadelle te maak nie, kan jy dit klaar gekook by die supermark koop. Dan hoef jy hulle net in kleiner balletjies te rol.

Om te drink:
’n Vrugtige witwyn, soos Diemersdal Matys Sauvignon Blanc of De Wetshof Limelight, werk goed by die soeterige speserye wat mens altyd in frikkadelle kry.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

Kommentaar