Frikkadelle met tamatie-en-uiesmoor
Foto’s: Micky Hoyle Galery
30 minute - 4 porsies (sowat 8 groot frikkadelle)
- 3 snye bruinbrood
- 500 g beesmaalvleis
- 500 g varkmaalvleis
- 100 ml Worcestersous
- 1 ui, fyngekap
- 1 eier
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Tamatie-en-uiesmoor
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 1 blik (400 g) gekapte tamaties
- 5 ml droë gemengde kruie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 50 g pecorino-kaas, gerasper
Verhit jou oond tot 220 °C. Plaas die brood in ’n bak en gooi warm water oor tot net bedek. Laat week vir so 1 minuut. Gooi die oortollige water af, maar moenie water uit die brood druk nie. Meng die brood, die twee maalvleise, Worcestersous, ui en eier goed saam in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper. Vorm die frikkadelle en plaas in ’n oondbak. Bak die frikkadelle in ’n mikrogolfoond (op hoog gestel) vir 10 minute. Verhit intussen die olyfolie in ’n pan. Braai die ui en knoffel vir so 2 minute. Voeg die tamaties en gemengde kruie by. Geur met sout en swartpeper en kook sonder ’n deksel vir 10 minute tot lekker dik. Gooi die smoor oor die frikkadelle en plaas in die warm oond vir nog 10 minute. Sit voor met die pecorino-kaas en ’n groenslaai.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Boontjie-frikkadelle
SARIE KOS Winter 2010
Al ooit daaraan gedink om boontjies fyn te druk en by jou frikkadelmengsel te voeg? Dit smaak heerlik.
-
Frikkadelle in tamatiesous
SARIE - Oktober 2005
Die grootste gunsteling - en as jy dit proe, sal jy verstaan hoekom.
-
Frikkadelle met tamatie-pitas
SARIE KOS Herfs 2010
30 minute
-
Hoender-frikkadelle met radys-slaai
SARIE - September 2007
Al ooit daaraan gedink om hoender te gebruik vir frikkadelle? ’n Gaar hoender is ideaal.
-
My ma se frikkadelle
SARIE KOS Winter 2010
Gebruik sommer oorskietrys van die vorige aand. Dis een van daardie alles-in-een-etes.
-
Roosmaryn-frikkadelle in tamatiesous
30 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd