Frikkadelle met tamatiesous
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek het ’n soortgelyke dis in Venesië geëet. Die frikkadelle is groot en word saam met pasta voorgesit.
(sowat 6 groot frikkadelle)
- 500 ml tamatiesous-resep (sien verwante artikels)
- 400 g beesmaalvleis
- 400 g varkmaalvleis
- 3 snye witbrood
- 2 eiers
- 2 takkies vars origanum, fyngekap
- 250 ml gerasperde parmesaan-kaas
- ’n hand vol pietersielie, fyngekap
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Meng die twee soorte maalvleis goed. Plaas die brood in ’n bak en bedek met water. Laat die brood sowat 10 minute lank week - dit sal lekker uitswel. As daar nog baie water in die bak is, gooi dit af. Meng die brood met die vleis. Ek doen dit gewoonlik met my hande. Voeg res van die bestanddele by en meng goed. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Vorm groot frikkadelle en plaas styf teenmekaar in ’n oondbak. Plaas die bak in ’n warm oond teen 180 °C vir 1 uur. Daar gaan sap uitbak, daarom haal ek die gaar frikkadelle uit die bak en pak dit oor in ’n ander bak. Gooi die tamatiesous bo-oor en sit terug in die oond vir sowat 15 minute. Sit voor saam met jou gunsteling-pasta, met gerasperde parmesaan-kaas of pecorino en gekapte pietersielie.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Frikkadelle met tamatie-pitas
SARIE KOS Herfs 2010
30 minute
-
Kapokaartappels met frikkadelle en tamatie
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Tamatiesous (salsa di pomodoro)
SARIE - Augustus 2007
Kook hierdie tamatiesous en jou Italiaanse kookkuns is halfpad gewonne. Ek gee dit in twee hoeveelhede sodat jy genoeg het om te vries. En gebruik gerus geblikte tamaties.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd