Frikkadelle toegedraai in kool

Deur Barbara Joubert, SARIE - Augustus 2009

Frikkadelle toegedraai in kool Foto’s: Micky Hoyle Galery

 (6 porsies)

  • 500 g beesmaalvleis
  • 500 g varkmaalvleis
  • 250 ml sagte broodkrummels
  • 10 ml fyn koljander
  • 1 ml fyn naeltjies
  • 1 ml fyn neut
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 25 ml asyn
  • 6 groot vars koolblare

Verhit jou oond tot 150 °C. Meng die twee soorte maalvleis. Voeg broodkrummels by en meng. Voeg res van die bestanddele (behalwe die koolblare) by en meng goed. Vorm 6 frikkadelle en hou eenkant. Plaas koolblare in ’n groot bak en gooi kookwater oor. Maak seker blare is bedek met kookwater. Laat staan vir sowat 5 minute totdat die blare sag is. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Sny die harde stronkgedeelte uit die koolblare. Plaas ’n frikkadel in die middel van ’n koolblaar en maak soos ’n pakkie toe. Plaas frikkadelle in ’n oondbak, toegevoude deel na onder. Gooi 125 ml kookwater in die oondbak en maak bak toe met tinfoelie. Sit in oond vir 1 uur. Van die water en sous sal uitkook. Haal uit en skep frikkadelle op ’n opdienbord.

Sit voor saam met
Tuisgemaakte tamatiesous en kapokaartappels

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Tamatiesous (salsa di pomodoro)

    Tamatiesous (salsa di pomodoro)

    SARIE - Augustus 2007

    Kook hierdie tamatiesous en jou Italiaanse kookkuns is halfpad gewonne. Ek gee dit in twee hoeveelhede sodat jy genoeg het om te vries. En gebruik gerus geblikte tamaties.