Garnaal-en-chorizo-linguini
Foto’s: Donna Lewis Galery
(4 porsies)
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekap (opsioneel)
- 250 g chorizo-wors, gesny
- 300 g steurgarnale, skoongemaak
- 250 ml room
- 1 hand vol gekapte pietersielie
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie tot warm in middelslagpan. Voeg ui en knoffel (indien gebruik) by. Braai stadig vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg chorizo-wors by en braai verder vir nog 5 – 8 minute of tot goudbruin. Voeg garnale by en braai vir nog 5 minute of tot begin verbruin. Voeg room en pietersielie by.Verlaag hitte. Laat prut vir 5 minute. Terwyl sous kook, maak pasta volgens verpakkingsaanwysings
gaar.Dreineer en roer gaar pasta by warm sous. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor.
Verwante artikels
-
Basiese pastadeeg
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis eintlik baie maklik om jou eie pasta te maak. En jy hoef nie ’n deftige pastamasjien te hê nie: Jy kan dit bloot met ’n gewone koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol.
-
Chorizo-en-ertjie-sous
SARIE KOS Herfs 2010
-
Garnaal-kebabs met kekerertjie-puree
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Linguini met oorskiet-lamsboud
SARIE Julie 2011
Dié een is perfek vir Maandagaand as jy oorskiet van Sondag se lamsboud het.
-
Linguini met pesto, mozzarella en tamatie
SARIE KOS Augustus / September 2011
Lig, maklik en vinnig!
-
Murgpampoentjie-en-ricotta-pasta
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Penne met chorizo, steurgarnale en sampioen
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dié Spaanse wors is propvol geur. Saam met die seekos proe dit byna soos ’n paella.
-
Sampioen-gnocchi
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Hierdie is ’n maklike opsie vir aartappel-gebak saam met jou braai. Alles word in een bak gaargemaak met min moeite en skottelgoed.
-
Spaghetti carbonara met olywe
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die hitte van die warm spaghetti maak die eiergele gaar en vorm so ’n romerige sous.
-
Tamatie-en-mozzarella-pasta
-
Vinnige bolognaise
SARIE Julie 2011
Kyk by jou supermark vir wors wat klaar gegeur is met speserye – ’n maklike manier om ekstra geur in ’n pastasous te sit.
















Kommentaar