Gebakte aartappel met spek en sprietuie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(30 minute – 4 porsies)
- 4 groot aartappels
- 30 ml olyfolie
- 500 g repiespek (streaky bacon), in baie klein blokkies gesny
- 500 g roomkaas
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 6 sprietuie, gekap
Verhit jou oond tot 200 ºC. Sny ’n kruis bo-in elke aartappel. Plaas hulle vir 15 minute op die hoogste stelling in jou mikrogolfoond. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die spek tot baie bros. Dreineer dit op kombuispapier en hou warm. Plaas aartappels dan in die warm oond vir sowat 10 minute sodat die skil bros kan word. Druk die aartappels oop wanneer hulle reg is. Skep roomkaas bo-op en geur met sout en swartpeper. Sprinkel die sprietuie en spek bo-op. Sit voor saam met groenslaai.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Baba-aartappels met hoender-repies
SARIE KOS Somer 2009/10
30 minute
-
Bruschetta met kekerertjie-smeer
SARIE KOS Somer 2009/10
20 minute
-
Gebakte aartappeltjies met knoffel en roosmaryn.
SARIE KOS Herfs 2010
Gebakte aartappeltjies met knoffel en roosmaryn. Hierdie gereg maak ek al baie jare - alles in 'n bak in die oond.













Kry jou SARIE oral, enige tyd