Gebakte fetakaas en tamatie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Gaar en op die tafel binne 30 minute!
30 minute - 6 porsies
- 400 g fetakaassirkels
- 8 tamaties, in dik skywe gesny
- 4 knoffelhuisies
- 2 takkies vars origanumblare
- sowat 80 ml olyfolie
- vars gemaalde swartpeper
Pak die kaas, tamaties, knoffel en origanum in ’n oondbak. Sprinkel die olyfolie oor en geur met vars gemaalde peper. Ek voeg nie sout by nie, want die fetakaas is sout genoeg. Bak vir 25 minute teen 180 °C. Sit warm voor met brood en ’n groen slaai van jou keuse.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
















Kry jou SARIE oral, enige tyd