Gebakte jogurt-en-kondensmelkpoeding
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Maak dit sommer in een groot bak en sit warm voor op koue dae
Ek maak ’n groot hoeveelheid, want jy kan nie genoeg van dié een kry nie.
(8-10 porsies)
- 300 g strooisuiker
- 3 blikke kondensmelk
- 9 eiers
- 500 ml Bulgaarse jogurt
Verhit jou oond tot 180 °C. Smelt strooisuiker in pan tot ligte karamel. Gooi in ’n groot ringpan. Klits die res van die bestanddele saam in ’n elektriese menger en gooi bo-oor die karamel. Plaas pan in ’n groot oondbak wat halfpad vol kookwater is. Bak vir 40 minute tot gestol. Haal uit die waterbak en laat staan vir sowat 10 minute voor jy dit uitkeer. Van die karamel sal hard wees en onderin die pan vassit. Wikkel die pan versigtig tot die harde karamel loskom, en plaas dit ook bo-op die poeding.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Piesang-en-vla-yskastert
SARIE KOS Lente 2010 | Kommentaar: 2
Dis werklik die lekkerste yskastert wat 'nmens kry! Die bolaag is die beste, want dis waar al die kondensmelk is.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd