Gebakte sago-poeding
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Daar’s vir my niks meer tradisioneels as ’n heerlike sagopoeding nie. Jy kan dit warm of koud voorsit.
(6 porsies)
- 140 g (200 ml) sago
- 1 heel kaneelstok
- 750 ml melk
- 100 g (125 ml) suiker
- knippie sout
- 25 ml botter
- 2 eiergele, geklits
- 50 ml appelkooskonfyt
- 6 eierwitte
- 120 g (150 ml) suiker
Spoel die sago af. Voeg die kaneelstok en sago by die melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat die sago deurskynend is. Voeg 100 g suiker, sout en botter by. Meng goed. Verwyder die kaneelstok. Voeg die geklitste eiergele by. Skep die mengsel in ’n oondbak en stip die appelkooskonfyt oor. Klits die eierwitte styf en voeg die 120 g suiker lepel vir lepel by. Skep die meringue bo-op die sagomengsel en bak vir 20-25 minute teen 180 °C. Sit warm of koud voor. Jy kan die vulsel van die sagopoeding die vorige dag maak, hou in die yskas en sit die meringue die volgende dag bo-op en dan in die oond.
Verwante artikels
-
Asynpoeding
SARIE KOS Winter 2010
Jy sal óf hiervan hou óf glad nie (jy kan die asyn effe proe).
















Kry jou SARIE oral, enige tyd