Gebakte sjokolade-framboos-en-pistasieneut-poeding
Foto’s: Donna Lewis Galery
Sjokolade is 'n moet as jy haar hart wil laat vermurwe.
(2 porsies)
- 60g (110ml) koekmeel
- 30g (75ml) kakao
- 5ml bakpoeier
- 75g (90ml) strooisuiker
- 5ml vanielje-geursel
- 3 eiers
- 20g (20ml) botter, gesmelt
- 100g 70%-donker-sjokolade, grofgekap
- 100g frambose (bevrore of vars)
- 30ml pistasieneute, gekap
- 1 houer (250g) crème fraîche
Verhit oond tot 180ºC. Sif meel, kakao, bakpoeier en strooisuiker saam in 'n groot bak. Voeg vanielje, eiers en botter by. Klop goed met 'n draadklitser tot glad. Verdeel die mengsel tussen twee oondvaste porseleinbakkies. Sprinkel sjokolade en frambose oor. Bak vir 15 minute, of totdat die buiterand gestol maar die middel nog sag is. Sprinkel pistasieneute oor. Sit voor met
lepels vol crème fraîche en ekstra bessies. Maak die poeding weer louwarm net voordat jy dit voorsit. En as dit 'n mooi aand is, wat van nagereg op 'n skinkbord buite onder die sterre?
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Pannekoek met vanielje-Pere en sjokolade-sous
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
As jy nie verjus het nie, gebruik 'n sauvignon blanc. Verjus is eintlik net wyn sonder alkohol, van groen druiwe gemaak.
-
Sjokolade-en-bessiebrood-poeding
SARIE - April 2010
Daar is iets baie nostalgies aan broodpoeding. Hierdie weergawe het 'n persoonlikheid van sy eie.
-
Sjokolade-mousse-terrien
SARIE - April 2010
Die beste van 2 sjokolades vasgevang in lugborrels wat smelt op jou tong.
-
Vryvorm-sjokolade-tert
SARIE - April 2010
Die tert verg geen uitvoer van panne met deeg nie. Dis eenvoudig om te maak.Die tert stol eers heeltemal wanneer dit afkoel. Moet dit dus nie te lank bak nie, anders gaan die vet in die sjokolade uitborrel.
-
Witsjokolade-en-kardomom-biscotti
SARIE - April 2010
Jy kan die kardemom vervang met enige speserye van joukeuse, soos vanielje of selfs kaneel.
















Kommentaar