Gebraaide boerewors en kapokaartappels
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(25 minute - 4 porsies)
- 8 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
- 2 pakke dun boerewors van jou keuse
- sonneblomolie om die wors in te braai
- 40 ml botter
- sowat 200 ml warm melk
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Bring water in ’n kastrol tot kookpunt en kook die aartappels. Vorm agt klein spiraaltjies met die wors en ryg hulle op sosatiestokkies. Verhit ’n klein bietjie sonneblomolie in ’n pan en braai die wors-spirale daarin oor lae hitte tot gaar. Dreineer die aartappels wanneer hulle sag is. Druk fyn. Voeg die botter by en meng goed deur. Voeg nou net genoeg warm melk by om die gewenste dikte tekry. Geur met sout en swartpeper en sit voor saam met die wors.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Boereworsrolle met tamatiesmoor
SARIE KOS Winter 2010
20 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd