Gebraaide mielies met gegeurde botter

Deur Barbara Joubert, SARIE - Oktober 2009

Gebraaide mielies met gegeurde botter Foto’s: Micky Hoyle Galery

Hierdie tyd van die jaar begin ons almal weer braai. Ek het witmielies in die hande gekry − hulle braai veral lekker op die kole.

Omdat dié mielies se pitte baie hard is, kook of stoom ek hulle eers tot net effens sag. Braai die mielies verder op die kole tot sag en sit voor met gegeurde botter.

Basiliekruidpesto-botter

  • 100 g sagte botter
  • 15 ml basiliekruid-pesto – koop klaargemaaktes in die supermark

Meng die twee bestanddele goed.

Suurlemoenknoffelbotter

  • 100 g sagte botter
  • 15 ml suurlemoensap
  • 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 1 groot knoffelhuisie, fyngekap

Meng al die bestanddele goed.

Brandrissie-botter

  • 100 g sagte botter
  • 10 ml brandrissie-pasta
  • 1 brandrissie, in dun skywe gesny

Meng botter en brandrissie-pasta en rangskik brandrissie-skyfies bo-op.

Wenk
Smeer olyfolie aan jou hande voordat jy die brandrissie sny – dit sal help as jy per ongeluk aan jou oë raak.

Om te drink
’n Koue Cobra-bier

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels