Gebraaide mozzarella-broodjies met ansjovis-sous
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die kombinasie van die broodjie met die ansjovis-sous is heerlik.
(6 BROODJIES)
Ansjovis-sous
- 1 blikkie (45 g) ansjovisfilette in olie
- 15 ml kappertjiesaad, fyngekap
- 30 ml olyfolie
- 15 ml suurlemoensap
Plaas die ansjovis-filette met olie en al in ’n bakkie. Die vissies is sag, jy kan dit met ’n vurk fyn druk. Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Broodjies
- 12 snye witbrood (klaargesnyde brood werk die beste)
- 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
- 200 ml olyfolie
- 4 eiers
- 45 ml melk
- 80 ml melk
- sowat 250 ml droë broodkrummels
Druk sirkels uit die brood met ’n koekie-uitdrukker of ’n glas. Sit ’n skyf kaas bo-op een sirkel brood. Maak toe met nog ’n sirkel brood en druk goed vas. Maak nog vyf sulke broodjies. Verhit olyfolie in ’n diep pan. Klits eiers en 45 ml melk saam. Hou eenkant. Doop broodjies in 80 ml melk. Bedek met broodkrummels en doop in eier-en-melkmengsel. Braai broodjies weerskante in olie – sowat 2 minute aan ’n kant. Dreineer en sit voor met ansjovis-sous.
- Assistent Melissa Pecoraro en Jana van Sittert
Verwante artikels
-
Bokkomroosterbroodjies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Die hart van die Weskus opgetert!
-
Ciabatta sonder moeite
SARIE KOS Okt/Nov 2011
Dis die lekker Italiaanse brood vol gate, en sommer baie maklik om te maak. Die geheim is om dit in jou elektriese mengbak te doen.
-
Croque-madame-broodjies
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Geroosterde varkribstuk met rape, knoffel en ansjovis-filette
SARIE KOS - Lente 2008
-
Hoender-mayo-broodjie
SARIE Oktober 2011
Perfek vir die werk- of skool-kosblik.
-
Vinnige broodjies
SARIE - Januarie 2008
Dis baie lekker om by ’n supermark te kan inloop en brooddeeg sommer van die rak af te koop
















Kommentaar
Natasha Scheepers het gesê:
Het die gebraaide Mozzarella broodjies gemaak, in plaas van mozzarella het ek cheder kaas gebruik.. My kinders is so mal oor dit ek mag nooit weer gewone "french toast" broodjies maak. Dankie Sarie vir die wenner.
1ste Okt. 2011, 10:11