Gebraaide snoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Die beste manier om sappige snoek gaar te maak is oor baie warm kole (sien die wenk hieronder), en letterlik net vir 10 minute.
- 125 ml witwyn
- 250 ml sonneblomolie
- 1 gevlekte snoek
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Meng die wyn en olie in ’n bottel met ’n skroefkop waarin jy ’n paar gate gemaak het. Geur die snoek met sout en swartpeper en plaas in ’n toeklaprooster. Sit dit oor die baie warm kole (sien wenk hieronder) en sprinkel van die wynmengsel oor. Hou die tyd dop, want die vis moet regtig net 10 minute braai. Draai die rooster elke 2 minute om en besprinkel die vis weer. Sit voor met vars suurlemoene en gebakte patats.
Om te drink
Sauvignon blanc is nommerpas by seekos. Bederf jouself met Springfield se Life From Stone Sauvignon Blanc. Indien jy lus is vir rooiwyn, kies ’n ligte pinotage.
Wenk
Hoe weet ek die kole is reg? Hou jou handpalm 15 tot 20 cm bo die kole. As jy na 2 tot 3 sekondes moet wegruk, is die kole baie warm, na 4 tot 5 sekondes is dit warm, 5 tot 6 is matig, en 7 tot 8 is koel.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Smoorsnoek
SARIE KOS Winter 2010
Peter verkies liggerookte, vars snoek vir sy smoorsnoek.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd