Gebraaide vis met warm aartappelslaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
4 porsies
- 700 g klein baba-aartappels
- 50 ml botter
- 600 g bevrore stokvis-filette
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- sap van 1 suurlemoen
- 2 hande vol vars roket
- Sous
- 125 ml olyfolie
- sap van 1 suurlemoen
- 15 ml korrelmosterd
Kook aartappeltjies tot sag. Smelt intussen die botter in ’n pan. Geur vis met sout en swartpeper. Braai vis – velkant eerste – weerskante tot gaar. Geur met suur-lemoensap. Hou warm. Dreineer aartappeltjies en halveer. Meng die sous se bestanddele en gooi oor warm aartappels. Roer roket deur. Sit vis voor bo-op die warm aartappelslaai
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Danie de Wet se vissop
SARIE KOS vir mans 2010
Danie het hierdie resep by die legendariese sjef Nico Ladenis gekry. Sy bekende Londense restaurant, Chez Nico, het 3 Michelin-sterre en is een van Danie se gunsteling-eetplekke.
-
Gebraaide vis met tamatie-en-olyf-salsa
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 1
15 minute
-
Geroosterde pesto-stokvis
SARIE KOS Somer 2009/10
Dié gereg sal net so lekker wees met ontbeende hoenderborsies pleks van die vis. neem net 15 minute
-
Krummelvis met kapok-aartappels
SARIE KOS vir mans 2010
20 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd