Gekookte skaapboud met kappersous
Foto’s: Lien Botha, Warren Heath en Donna Lewis Galery
Dit is ’n maklike en baie lekker manier om ’n skaapboud gaar te maak. Kook die boud in ’n kastrol met soutwater totdat dit gaar is. Seker ’n fout, dink jy. Maar, nee, jy kook die boud tot gaar.
- 1 skaapboud
Weeg jou vleis en werk solank die kooktyd uit: As jy van mediumgaar vleis hou – daar moet nog ’n mooi pienk skynsel wees – werk jy op sowat 12 tot 15 minute per 500 g. Kry ’n kastrol gereed waarin kookwater die skaapboud heeltemal sal bedek. Gooi 10 ml sout per liter water in en bring dit tot kookpunt. Sit die vleis in die kookwater en begin die kooktyd aftel sodra die water weer begin kook. Die water moet heeltyd stadig prut. Nadat die vleis uit die kookwater gehaal is, moet dit 20 minute lank by kamertemperatuur staan voordat dit gesny word, sodat die vleissappe kan set.
- 30 ml botter
- 30 ml koekmeel
- 375 ml aftreksel
- 1 eiergeel
- 30 ml room
- sout en swartpeper na smaak
- 15 – 30 ml suurlemoensap
- 30 ml kappertjiesaad
- 60 ml botter
Smelt botter in ’n kastrolletjie en meng met meel tot ’n gladde pasta. Gooi hierby kokende aftreksel en klits dit vinnig met ’n draadklitser. Meng eiergeel met room, sout, swartpeper en suurlemoensap in ’n mengbakkie. Gooi 125 ml van die warm vloeistof druppelgewys hierby terwyl jy aanhoudend klits. Gooi mengsel nou weer op sy beurt in ’n dun straaltjie terug in die kastrol, wat oor matige hitte is, terwyl jy vyf sekondes lank klits en kook. Haal dit van hitte af en proe vir geur. Roer net voordat jy dit voorsit die kappertjiesaad by die sous, en die 60 ml botter om dit te verryk.
Verwante artikels
-
Marokkaanse skaaptagine
SARIE KOS vir mans 2010
-
Skaapvleis-koffie-en-dadeltagine
SARIE KOS Herfs 2010
Die klassieke Arabiese kombinasie van koffie met kardemom is Francois se inspirasie vir hierdie besonderse tagine.
-
Trekpad-pot
SARIE KOS vir mans 2010 | Kommentaar: 1
-
Volstruisfilette met rooibos-en-framboos-sous
SARIE KOS Herfs 2010
Die kombinasie van smake is werklik heerlik.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd