Gerookte snoekpatee

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Lente 2008

Gerookte snoekpatee Foto’s: Micky Hoyle Galery

(6 porsies)

  • 400 g gerookte snoek
  • 60 ml mayonnaise
  • 30 ml tamatiesous
  • 30 ml suurlemoensap
  • 250 ml room
  • 4 sprietuie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verwyder die vel van die snoek. Vlok die snoek en verwyder enige grate. Kap fyn in jou voedselverwerker. Voeg die mayonnaise, tamatiesous, suurlemoensap en room by. Meng goed. Haal uit die voedselverwerker en vou die sprietuie in. Geur met sout en swartpeper.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels