Gerooktesnoek-koekies
Foto’s: Donna Lewis Galery
30 minute
(4 - 6 porsies)
- 30 ml botter
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 400 g gerookte snoek, fyngevlok
- 4 takkies tiemie, fyngekap
- 50 ml koekmeel
- 2 eiers
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 100 g broodkrummels
- 30 ml olyfolie
- 200 ml mayonnaise van goeie gehalte
- slaaiblare van jou keuse
- 2 suurlemoene, in wiggies
Verhit botter in 'n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by en braai liggies vir sowat 5 minute of tot begin verkleur. Voeg by gevlokte snoek saam met tiemie, meel en 1 eier. Meng goed saam. Geur met sout en swartpeper. Vorm koekies van sowat 100 g elk. Klits ander eier in 'n plat bak. Doop koekies in eier en dan in broodkrummels. Verhit botter in 'n middelslag-pan tot
warm. Braai koekies sowat 5 - 8 minute aan 'n kant of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met mayonnaise, slaai en suurlemoen.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Krap-risottokoekies
SARIE - November 2009
Oorskiet-risotto werk baie lekker om dié koekies te maak.
-
Krapkoekies
SARIE KOS Lente 2009
-
Mieliemeel-plaatkoekies
SARIE KOS Winter 2009
Met mieliemeel in die resep is dit mos perfek vir ontbyt!
-
Roosmaryn-aartappel-koekies
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Roosterkoekies
SARIE KOS - Lente 2008
Klein roosterkoekies van 6 x 3 cm lyk baie oulik!
-
Smoorsnoek
SARIE KOS Winter 2010
Peter verkies liggerookte, vars snoek vir sy smoorsnoek.
-
Tuna-koekies
SARIE KOS - Lente 2008
















Kommentaar
Leah vannie Kaap het gesê:
Ek gaan beslis die gerookte snoekkoekies probeer. Het net nou die dag 'n yslike gerookte snoek persent gekry wat ek in kleiner porsies gevries het. Al verandering wat ek sal aanbring is om olyfolie ipv botter te gebruik. Veel gesonder opsie!
30ste Nov. 2011, 11:30