Geroosterde groente met pasta
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dié gereg kan ook koud, as 'n verfrissende pastaslaai, voorgesit word.
(4 porsies)
- 1 eiervrug, in blokkies gesny
- 6 murgpampoentjies, in 2 cm-stukke gesny
- 200 g klein rosa-tamaties
- 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
- 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
- 6 vlapampoentjies (patty pans)
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 20 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 250 g volkoring penne-pasta (van durumkoring)
- handvol vars basiliekruidblare, gebreek
- sowat 8 klein mozzarellakaas-balletjies, gebreek
Verhit jou oond tot 200 °C. Meng al die groente en knoffel saam in ’n groot oondbak en drup die olyfolie oor. Geur met sout en peper. Plaas die bak in die oond en rooster die groente vir ongeveer 45 minute. (As die groente nog nie sag genoeg na jou sin is nie, kan jy dit verder rooster.) Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer die pasta wanneer gaar en meng met die geroosterde groente. Meng die basiliekruid goed deur en sit voor met mozzarellakaas.
Wat van 'n gesonde 3-gang-spyskaart?
- Haring-en-appelslaai
- Geroosterde groente met pasta
- Sjokoladevierkante
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- In samewerking met Amanda Weber
Verwante artikels
-
Boekuittreksel - Sjokoladevierkante
SARIE KOS Winter 2009
Bêre in ’n lugdigte houer of vries
-
Chorizo-en-ertjie-sous
SARIE KOS Herfs 2010
-
Feta-en-botterskorsie-pasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Geroosterde botterskorsie en pasta...wat 'n heerlike kombinasie!
-
Haring-en-appelslaai
SARIE KOS - Lente 2008
Haring koop jy in supermarkte en deli’s. As jy nie haring-filette in die hande kan kry nie, kan jy ook rolmops gebruik. Dié slaai gaan oor die interessante kombinasie van bestanddele.
-
Luukse macaroni-en-kaas
SARIE KOS vir mans 2010
30 minute
-
Pasta alfredo
SARIE KOS Herfs 2010
Dis die sous werd...
-
Varkworsie-en-tamatie-sous
-
Worsie-pasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Worsvleis is reeds gegeur en jy kan maklik 'n heerlike sous daarmee maak.
















Kommentaar