Geroosterde hoender-en-aartappel-broodjie
Foto’s: Donna Lewis Galery
25 minute
(1 porsie)
- 1 aartappel, in dun skywe gesny
- 4 baba-uie, geskil en gehalveer
- 1 hand vol tiemie, roosmaryn en origanum, gekap
- 2 hoenderborsies, grofgekap
- 1 suurlemoen se sap en skil
- 30ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 45ml mayonnaise
- 1 klein Franse brood (baguette)
- 1 hand vol slaaiblare van jou keuse
- parmesaan-skaafsels
Verhit oond tot 200ºC. Sit aartappels, uie en kruie in 'n oondvaste bak. Sit hoender bo-op. Sprinkel suurlemoensap, -skil en olyfolie oor. Geur goed met sout en swartpeper. Oondrooster vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Meng knoffel en mayonnaise. Sny brood in die lengte deur en smeer helfte van knoffelmayonnaise daarop. Sit slaaiblare op die brood, gevolg deur aartappels, hoender en nog mayonnaise. Sprinkel parmesaan oor en sit voor.
Wenk: Dis nogal 'n groot porsie - jy kan altyd die een helfte die volgende dag inpak werk toe.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Croque-madame
SARIE September 2010
Tradisioneel staan dié broodjie as croque-monsieur bekend, maar wanneer jy 'n geposjeerde eier bo-op sit, word dit 'n madame.
-
Franse baguettes
SARIE KOS Okt/Nov 2011 | Kommentaar: 1
Die geheim van ’n lekker baguette is om die deeg drie maal te laat rys voor jy dit vorm. Tradisioneel hou jy ’n klein stukkie deeg oor, wat jy dan die volgende dag by die nuwe beslag inmeng.
-
Gebraaide ham-en-mozzarella-broodjies
Dié broodjies word in die pan gebraai.
-
Kalkoen in die Weber
SARIE - Desember 2010
Vir my is Kersfees nie Kersfees sonder kalkoen nie, al is dit nie juis 'n SA tradisie nie. Braai 'n slag die kalkoen oor die kole, dit smaak fantasties.
-
Klubtoebroodjie
SARIE KOS - Somer 2007
Wanneer jy alleen by die huis is vir rugby-kyk, bederf jouself met dié broodjie en vergeet van kalorieë
-
Marokkaanse hoender
SARIE Augustus 2011
Tajine is ’n Midde-Oosterse manier om bredies te maak. Bak jou Sondaghoender op dieselfde manier, maar sommer in ’n gewone pot met Marokkaanse speserye.
-
Oondgeroosterde hoender en mielies
SARIE - Maart 2011
Maak seker jy koop organiese hoender. Dis lekker groot en vet.
-
Reënboog-broodjies
SARIE KOS - Lente 2008
My ma se reënboog-broodjies was gewilder as lekkers by ons kinderpartytjies.
-
Saamgeperste pastrami-broodjies met uie-marmelade
SARIE - Mei 2010
Byna iets soos 'n terrien gekombineer met 'n toebroodjie.
-
Spaanse hoender
SARIE KOS Lente 2010
Dis nou my manier van kook - druk die kos in die oond en gaan sit en kyk TV.
-
Tamatie-konkoksie
SARIE KOS Lente 2010
'n Heerlike hoendergereg vir enige tyd van die week.
-
Worsbroodjies
SARIE KOS Somer 2009/10
Jy kan die Franse brood met een oopgesnyde gebakte aartappel per persoon vervang. Neem 30 minute
















Kommentaar