Geroosterde pampoen-en-hoenderslaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
’n Heerlike hoenderslaai met ’n verskil. As jy nie van pampoen hou nie, kan jy botterskorsie gebruik.
(4 porsies)
- 1 gaar hoender
- 2 pakke pampoen in blokke gesny, 500 g elk
- 50 ml olyfolie
- 4 rooi uie in kwarte gesny
- 8 groot knoffelhuisies
- 2 groot brandrissies
- 3 wiele fetakaas
- hand vol vars basiliekruid
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Slaaisous
- 100 ml olyfolie
- 30 ml wit balsemasyn
- 15 ml heel korrelmosterd
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Bedek die pampoenstukke, uikwarte, knoffelhuisies en brandrissie met olyfolie. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Rooster in ’n warm oond teen 200 °C vir sowat 40 minute totdat die pampoen sag en effens gekaramelliseer is. Laat eenkant staan om heeltemal af te koel. Breek die hoender van die been af en verwyder die vel. Maak die slaaisous deur al die bestanddele saam te meng en gooi oor die hoender. Breek die fetakaas in groterige stukke. Rangskik al jou bestanddele op ’n opdienbord. Breek vars basiliekruidblare oor en geur met sout en vars swartpeper. Die knoffelhuisies sal lekker sag wees wanneer jy die slaai eet, druk die knoffel uit die skil oor jou slaai.
Sit voor saam met
Volgraanbrood.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Fyngesnyde hoenderslaai
SARIE KOS Somer 2009/10
As die aïoli te dik word, voeg 'n eetlepel louwarm water by.
-
Pampoenkoekies
SARIE KOS vir mans 2010
-
Sesam-hoenderslaai
SARIE KOS Junie/Julie 2011
















Kry jou SARIE oral, enige tyd