Geroosterde varknek

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Somer 2010/11

Geroosterde varknek Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die wyn en aftreksel verseker dat die vleis nie uitdroog nie.

(6 - 8 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml fyngekapte vars salieblare
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml tamatiepasta
  • 1 kg ontbeende varknek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g repiespek (streaky)
  • 15 ml olyfolie
  • 125 ml witwyn
  • 125 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 130 °C. Meng olyfolie, salieblare, knoffel en tamatiepasta saam. Geur varknek met sout en peper. Smeer tamatiepasta-mengsel om die vleis. Draai nek toe met spek en bind spek vas met tou. Verhit 15 ml olyfolie in 'n oondroosterpan op stoof. Braai nek rondom tot effens bruin. Voeg wyn en aftreksel by en bring tot kookpunt. Maak bak toe met tinfoelie en bak vir 3½ uur. Haal foelie af en rooster vir 30 minute. Haal uit oond en laat afkoel tot kamertemperatuur. Garneer met vars salieblare en sit voor met korrelmosterd.

Om te drink

'n sappige merlot of riesling as jy witwyn verkies

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Gerolde varklies

    Gerolde varklies

    SARIE KOS - Somer 2008

  • Gerookte varkvleis en lensies

    Gerookte varkvleis en lensies

    SARIE - Junie 2008

    Ek het ’n vriendin wat, wanneer sy lekker eet, altyd sê dís min of meer waaroor die lewe gaan. Wel, dis wat ek oor dié gereg te sê het

  • Geroosterde vark met gebakte appels

    Geroosterde vark met gebakte appels

    SARIE KOS - Somer 2007

    Hoe anders? Varkvleis en appels is soos vinkel en koljander. Die twee geure vul mekaar aan. Hierdie resep is eintlik vir die lui kok. Almal kry dae dat hulle iets moet voorsit om mense te beïndruk, maar nie die krag het om te kook nie.

  • Geroosterde vark met kool-salsa

    Geroosterde vark met kool-salsa

    SARIE - Februarie 2010

    Ek kan nou nog my ma se koolslaai proe! Hier kry dit nuwe lewe saam met varkvleis.

  • Kreefstertjies

    Kreefstertjies

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Dié gereg is eintlik glad nie kreef nie – die varkfilette lyk net soos kreefstertjies wanneer hulle toegedraai is in repies spek.

  • Ontbeende varkblad gestop met pruime

    Ontbeende varkblad gestop met pruime

    SARIE KOS Winter 2010

    Die kombinasie van pruime en varkvleis is 'n wenner.

  • Port-varknek met droëvrugte

    Port-varknek met droëvrugte

    SARIE Augustus 2011

    Die soet van die port en varknek werk perfek as kombinasie. Gebruik die oorskiet op toebroodjies of as vulsel vir voukos.

Kommentaar

  • wonderlik groot resepversamelaar vanaf 1978

    7de Aug. 2011, 14:56