Geskroeide beesfilet-slaai met ’n bloubessie-sous
Foto’s: Donna Lewis Galery
Die sous kan sommer ook ’n marinade word. Die suiker in die bessies sal karamelliseer en die vleis ekstra lekker laat smaak!
4 porsies
- ½ ui, fyngekap
- 100 g bloubessies (vars of bevrore)
- 15 ml suiker
- 5 ml sout
- 80 ml wit balsemasyn
- 130 ml olyfolie
- 400 g beesfilet
- 1 pak (70 g) slaaiblare van jou keuse
- sout en varsgemaalde swartpeper
Meng ui, bloubessies, suiker, sout en asyn saam in ’n medium-groot kastrol. Bring tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Voeg 120 ml olyfolie by en meng in ’n voedselverwerker tot ’n gladde puree. Verhit ’n riffelpan tot baie warm en gooi oorblywende olyfolie daarin. Geur filet met sout en peper.
Braai in die warm pan vir sowat 8 minute aan elke kant tot medium-gaar of langer soos jy verkies. Laat rus die gaar filet vir 5 minute voor jy dit met ’n skerp mes in dun repies sny. Verdeel slaaiblare en filet tussen borde. Skep bessiesous oor en geur goed met sout en peper.
Wenk
As jy die sous as ’n marinade wil gebruik, verdubbel jou olyfolie om dit vloeibaar te maak.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Apple and walnut salad
SARIE KOS Somer 2009/10
10 minutes
-
Beesfilet met gebarste-tamatieslaai
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Beesfilet-oor-die-kole met sampioensous
SARIE - Desember 2010
-
Bros varklies-slaai
SARIE KOS Somer 2009/10
Ek's mal oor dié kombinasie: warm vleis in 'n koue slaai.
-
Gebakte filet op aartappels
SARIE KOS Somer 2010/11
30 minute
-
Geskroeide carpaccio-slaai
SARIE KOS Somer 2009/10
15 minute
-
Halloumi-en-broodslaai
SARIE KOS Lente 2010
20 minute
-
Lensie-en-chorizoslaai
SARIE KOS Somer 2010/11
Jy kan dit ook warm eet, maar in die somer is dit baie lekkerder by kamertemperatuur.
-
Mauritius-visslaai
SARIE KOS Herfs 2010
















Kry jou SARIE oral, enige tyd