Gesonder aarbei-wafers
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Kies 'n houer met reguit kante wat sowat 7 cm diep is en waarin 12 wafers gemaklik pas sodat jy die minimum roomys "verloor" wanneer jy dit sny om tussen hulle te pas. van sowat 150 g.
12 wafers
Porsiegrootte: 1 wafer (± 150 g)
- 800 g vars, ryp aarbeie
- 30 ml suiker
- 10 ml gelatien
- 30 ml water
- 2 groot eiers
- 10 ml vlapoeier
- 250 ml laevet-melk
- 200 g (225 ml) suiker
- 5 ml vanieljegeursel
- 250 ml room
- 24 wafer-koekies (soos Tasty Treats Wafers, sowat 1½ 100 g-pakkies)
Kap aarbeie en suiker in voedselverwerker. Verkoel tot benodig. Week gelatien in water en verhelder net voor dit benodig word oor kookwater (of in mikrogolfoond vir 20 sekondes op hoë stelling). Plaas eiers, vlapoeier, melk en suiker in 'n bak wat oor 'n kastrol kookwater pas. Klits tot goed gemeng en plaas bak oor kookwater. Klits met 'n elektriese handklitser tot dik en lig van kleur. Haal bak van kastrol af en laat effens afkoel. Roer aarbeipuree, gesmelte gelatien en geursel by vlasous. Klop room styf en vou in. Skep mengsel in bak en vee gelyk. Bevries oornag tot hard. Sny roomys in skywe so groot soos die wafers en plaas 'n wafer aan weerskante van elke stuk. Draai elkeen met kleefplastiek toe en plaas terug in vrieskas totdat jy dit
wil voorsit.
Vla vir kleur
Vlapoeier is gebruik om die digtheid te verhoog en om vir die eiergeelkleur te vergoed.
Tekstuur
Gelatien is bygevoeg om die mengsel te stabiliseer.
Laer cholesterol
Om die cholesterolinhoud te verlaag is 1 eier en 2 eiergele weggelaat.
Kleiner porsie
12 wafers gee 'n roomysporsie Die roomysmengsel is sowat 2 liter.
Verwante artikels
-
Gesonder lemoen-yskaskaaskoek
SARIE KOS Lente 2010
-
Gesonder romerige gebakte kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.
















Kommentaar