Gesonder lemoen-yskaskaaskoek
Foto’s: Donna Lewis Galery
Resep lewer: 8 skywe
Porsie grootte: 1 skyf
kors
- 150g Digestive-beskuitjies
- 50 g laevet-margarien, gesmelt
vulsel
- 10 ml droë gelatien
- 20 ml water
- 125 ml laevet-room (reduced fat)
- 275 ml Bulgaarse laevetjogurt
- 5 - 10ml fyngerasperde suurlemoen- of lemoenskil
- 25 ml vars suurlemoensap
- 130 g (160 ml) witsuiker
- 80 ml water
- 2 groot eierwitte
bolaag
- 2 groot lemoene, geskil en in dun skywe gesny
Verwerk die beskuitjies in 'n voedselverwerker tot fyn. Meng met gesmelte margarien tot 'n klam mengsel. Druk krummelmengsel vas in 'n tertpan van 25 - 30 cm. (Indien 'n 25 cm-pan gebruik word, moet dit minstens 5 cm diep wees.) Verkoel tertkors tot benodig. Week gelatien in water. Verhit room tot kookpunt en roer geweekte gelatien daarby tot dit gesmelt is. Sit jogurt, skil, sap en roommengsel in 'n mediumgroot mengbak. Klits mengsel goed met 'n draadklitser. Verhit suiker en water in 'n mediumgroot kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Bring suikerstroop tot kookpunt en kook vir 2 minute oor hoë hitte. Begin klits eierwitte styf terwyl stroop kook. Gooi kokende suikerstroop in 'n dun straaltjie by eierwit
terwyl dit voortdurend geklits word. Hou aan klits tot mengsel afgekoel is. Vou eierwitmengsel by jogurtmengsel in en skep dan in voorbereide tertkors. Sit in yskas om te stol. Sit voor met
lemoenskywe.
Vetinhoud
Ek kon eintlik net die vetinhoud van die gereg noemenswaardig verander.
Verslankers
Die yskaskoek is 'n verfrissende gereg ook vir verslankers. Die GI is laag genoeg dat selfs goed gekontroleerde diabete 'n porsie saam met 'n paar skywe lemoen kan geniet.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Gesonder aarbei-wafers
SARIE KOS Somer 2009/10
Kies 'n houer met reguit kante wat sowat 7 cm diep is en waarin 12 wafers gemaklik pas sodat jy die minimum roomys "verloor" wanneer jy dit sny om tussen hulle te pas. van sowat 150 g.
-
Gesonder romerige gebakte kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
-
Gesonder tipsy-poeding
SARIE KOS Winter 2010
-
Gesonder turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Nina se gesonder sjokolade-peperment-tert
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Trio van nageregte
SARIE KOS Augustus / September 2011
As diabeet wil ek nie afgeskeep word met poeding nie. Vandaar die “trio van bessie”- nageregte. Ek sit dit in klein glasies of bakkies voor. Sodoende kan ek van al drie eet sonder om skuldig te voel, en my gaste dink dis fantasties.
















Kommentaar