Gesonder ontbyt-frittata
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 skywe)
Porsiegrootte: 1 skyf
- 15 ml ligte margarien
- 250 g maer spekvleis, in blokkies gesny
- 6 groot eiers
- 125 ml laevetmelk
- 150 g cheddar-kaas, gerasper
- 30 ml gekapte vars pietersielie
- varsgemaalde swartpeper
- paprika
- vars roketblare en kersietamaties, as garnering
Verhit roosterelement van oond. Smelt margarien in 'n kleefvrye pan van sowat 24 x 4,5 cm waarvan handvatsel in oond kan gaan. Braai spek tot effens bros. Klits eiers en melk saam en giet oor spek. Strooi kaas en pietersielie oor eiermengsel, roer effens en geur met swartpeper en paprika. Plaas pan vir 5 minute onder roosterelement net voordat mengsel in middel begin stol. (Indien jou pan nie in die oond kan gaan nie, kan jy die plaat afskakel, 'n deksel op die pan sit en dit laat staan om te stol.) Glip die frittata uit op 'n bord. Sit voor met vars roket en kersietamaties.
Kies maer
Die cheddar kan ook vervang word met 'n laervet-cheddar waardeur sowat 1,8 g vet en 68 kJ per porsie gespaar sal word.
SLANK, SLANKER, SLANKSTE
Die vetinhoud is verlaag deur ligte margarien, maer spekvleis en minder cheddar te gebruik.
Meer eierwit
Verlaag die cholesterolinhoud verder deur slegs 4 heel eiers en 4 eierwitte te gebruik.
- In samewerking met Hilda Lategan
Verwante artikels
-
Gesonder aarbei-en-rabarber-tiramisu
SARIE KOS Lente 2009
-
Gesonder groente-terrien
SARIE KOS Somer 2009/10
Heerlik saam met roosterbrood, kraakbeskuitjies of 'n sny saadbrood.
-
Gesonder turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Gesonder wortel-en-pekanneut-muffins
SARIE KOS Lente 2009
















Kommentaar