Gesonder romerige gebakte kaaskoek
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(12 skywe)
Porsiegrootte: 1 skyf
Kors
- 200 g digestive-koekies
- 15 ml ligte margarien
Vulsel
- 230 g laevet-roomkaas, teen kamertemperatuur
- 3 x 250 g-houers gladde laevet-maaskaas, teen kamertemperatuur
- 210 g (250 ml) strooisuiker
- 45 ml koekmeel
- 30 ml mielieblom
- 10 ml vlapoeier
- 4 groot eiers, teen kamertemperatuur
- 125 ml room
- 15 ml suurlemoensap
- 5 ml vanieljegeursel
- 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
Kap koekies fyn in voedselverwerker. Vryf margarien in koekiekrummels. Druk mengsel met vingerpunte vas op boom van 24 cm-losboom-koekpan en verkoel vir 1 uur. Verhit oond tot 180 ºC. Plaas kase, suiker, meel, mielieblom en vlapoeier in groot mengbak. Klop goed tot lig en donsig. Skraap kante van bak skoon. Voeg eiers een vir een by. Klop telkens goed. Voeg room, suurlemoensap, geursel en suurlemoenskil by en klop tot goed gemeng. Plaas voorbereide koekpan op bakplaat en gooi vulsel in. Bak vir 15 minute. Draai oond af na 140 ºC en bak vir nog 1 uur en 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Plaas in yskas en laat verkieslik oornag verder stol en afkoel.
Steeds heerlik
Die vet- en cholesterolinhoud is verlaag deur 'n gedeelte van die geroomde maaskaas met gladde laevetmaaskaas te vervang en deur een eier weg te laat.
Gesonder stewig
Laevet-maaskaas is minder stewig as geroomde maaskaas. Die mielieblom en vlapoeier is dus bygevoeg as stabiliseerders.
Vir die mooi
Versier net voordat jy dit voorsit: Sif 'n bietjie versiersuiker oor en rond af met skyfies vars vrugte of gestoofde vrugte soos pruimedante. Of sit dit voor met yskoue ontpitte swartkersies ('n 425 g-blik) waarvan die stroop met 5 - 10 ml mielieblom verdik is.
Slim smeer
Die botter vir die kors is met ligte (laervet-) margarien vervang.
- In samewerking met Hilda Lategan
Verwante artikels
-
Gesonder aarbei-wafers
SARIE KOS Somer 2009/10
Kies 'n houer met reguit kante wat sowat 7 cm diep is en waarin 12 wafers gemaklik pas sodat jy die minimum roomys "verloor" wanneer jy dit sny om tussen hulle te pas. van sowat 150 g.
-
Gesonder heuningkoekpoeding
SARIE KOS Winter 2009
Die tekstuur en kleur verskil en dis minder soet, maar steeds heerlik − Barbara
-
Gesonder lemoen-yskaskaaskoek
SARIE KOS Lente 2010
-
Gesonder rooiwyn-roomys
SARIE KOS Lente 2009
-
Gesonder turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Vinnige kondensmelkkaaskoek
SARIE KOS Lente 2010
Kaaskoek kan lank neem om te maak, maar dié een is vinnig, maklik en lekker.
















Kommentaar