Gesonder turkse lekkers
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(16 lekkers)
Porsiegrootte: 1 lekker
- 20 g (30 ml) gelatien
- 50 ml water
- 200 g (250 ml) suiker
- 120 g (150 ml) fruktose
- 35 g (75 ml) mielieblom
- 1 ml sitroensuur (citric acid)
- 200 ml water
- 10 ml rooswater
- pienk voedselkleursel
- 30 g (60 ml) mielieblom
- 30 g (60 ml) versiersuiker
Week gelatien in water en hou eenkant. Bespuit 'n hittebestande plastiekbakkie van sowat 12 x 12 x 5 cm met teenkleef-kossproei. ('n Groterige toebroodjiekosblik werk goed.) Mengsuiker, fruktose, mielieblom, sitroensuur en water in 'n kastrol tot glad. Verhit oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook mengsel vir 5 tot 7 minute tot dik en gaar. Verhelder geweekte gelatien oor kookwater (of in die mikrogolfoond vir 20 sekondes op hoë stelling) en roer saam met rooswater en 'n paar druppels voedselkleursel by die gaar mengsel. Gooi mengsel in voorbereide plastiekbakkie. Laat eers 'n bietjie afkoel en plaas in yskas om te stol. Sny die gestolde lekkergoed in 4 x 4 blokkies. Gebruik 'n mes met 'n dun, skerp lem. Doop die lem gereeld in kookwater en vee droog voordat jy weer sny. Sif mielieblom en versiersuiker saam. Rol lekkers in mengsel. Skud oortollige poeier af en bêre in die yskas in 'n lugdigte houer tussen lae waspapier.
Minder soet
'n Deel van die suiker is met fruktose vervang. Die versiersuiker-mielieblommengsel waarin die lekkers gerol word, is ook verminder.
Vrugtesuiker
Fruktose is soeter as suiker. Deur suiker met fruktose te vervang is die GI (glukemiese indeks) verlaag (van 66 tot 53). Mense met bloedsuiker-probleme kan een van dié lekkers per dag eet, mits hul totale inname nie 25 ml fruktose per dag oorskry nie.
Kies geursel
Turkse lekkers word tradisioneel met rooswater en/of suurlemoensap gegeur, maar 2,5 ml aarbeigeursel pleks van die rooswater kan bygevoeg word vir 'n verfrissende geur.
Verwante artikels
-
Gesonder aarbei-en-rabarber-tiramisu
SARIE KOS Lente 2009
-
Gesonder gekrummelde hoender
-
Gesonder heuningkoekpoeding
SARIE KOS Winter 2009
Die tekstuur en kleur verskil en dis minder soet, maar steeds heerlik − Barbara
-
Gesonder lemoen-yskaskaaskoek
SARIE KOS Lente 2010
-
Gesonder ontbyt-frittata
SARIE KOS Herfs 2010
-
Gesonder peer-sjokoladekoek
SARIE KOS Lente 2009
Minder ryk steeds so lekker
-
Gesonder romerige gebakte kaaskoek
SARIE KOS Herfs 2010
-
Gesonder wortel-en-pekanneut-muffins
SARIE KOS Lente 2009
-
Turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
Die naam sê reeds dit smelt in die mond (dis mos Turkish Delight).
-
Voorkom depressie met 'n gesonde dieet
SARIE - Februarie 2010
Depressie is een van die top-5 toestande waarmee Suid-Afrikaners gediagnoseer word. 'n Onbeheerbare behoefte aan veral soet- en styselkos is dikwels 'n simptoom: soos sjokolade, tjips, koek en ander 'kitskosse'.
















Kommentaar
Marlie het gesê:
Ek hou baie van julle resepte liefde Marlie
25ste Aug. 2011, 19:32