Gesondheidsroerbrood

Deur Herman Lensing

Gesondheidsroerbrood Foto’s: Donna Lewis Galery

Dié een is amper net so min moeite soos die brood uit 'n sakkie hierbo.

(8 - 10 snye)

  • 1 liter louwarm water
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 630g (2 liter) bruinbroodmeel
  • 250ml semels
  • 15ml sout
  • 250ml rosyntjies
  • 100g (250ml) gemengde neute, grofgekap

Verhit oond tot 180ºC. Gooi water in 'n groot mengbak en los gis en sout daarin op. Voeg res van bestanddele by. Klits met 'n draadklitser vir 5 minute of totdat alles baie goed gemeng is. Gooi die hele beslag in 'n oondvaste pot van 30cm in deursnee wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat rys vir 20 minute op 'n warm plek. Bak sonder die deksel vir 45 - 50 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom as jy dit in die brood druk. Keer uit op 'n draadrak en laat afkoel.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Beet-potbrood

    Beet-potbrood

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Toe een vanmy dogters dié brood sien, was haar reaksie: "Ma, wat is dit met die pienk brood?" Dis mooi en veral lekker gedoop in olyfolie en balsemasyn. 1 groot Brood (25 cm in deursnee en sowat 15 cm hoog) of drie brode van 23 x 13 cm elk

  • Broodrolletjies

    Broodrolletjies

    SARIE - Junie 2009

  • Gesonder wortel-en-pekanneut-muffins

    Gesonder wortel-en-pekanneut-muffins

    SARIE KOS Lente 2009

  • Kruisement-platbrood

    Kruisement-platbrood

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Veral lekker saam met koue kruisement-en-ertjiesop. genoeg vir 8 mense

  • Spesery-krag: Gebruik dit só om gesonder te bly

    Spesery-krag: Gebruik dit só om gesonder te bly

    SARIE - Mei 2010

    Span die krag van speserye só in om jou gesond te hou.

  • Tamatie-en-kaasbrood

    Tamatie-en-kaasbrood

    SARIE KOS Lente 2010

    Dié brood moet warm geëet word - dis lekker as die kaas daaruit loop. 1 groot brood is genoeg vir 6 mense

  • Volgraanbrood

    Volgraanbrood

    SARIE KOS April/Mei 2011

  • Volkoringbrood

    Volkoringbrood

    SARIE KOS April/Mei 2011

    Om jou eie brood te bak is glad nie moeilik nie - veral dié resep is gooi-alsbymekaar- en-meng.

Kommentaar