Gestoofde droëperskes

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Winter 2008

Gestoofde droëperskes Foto’s: Micky Hoyle Galery

Ek het die perskes in port gestowe. Saam met styfgeklopte room is dit ’n nagereg-wenner.

(4 - 6 porsies)

  • 750 g droëperskes
  • 125 ml suiker
  • 1 heel kaneelstok
  • 1 lang reep lemoenskil
  • 200 ml port

Sit al die bestanddele saam in ’n kastrol. Bring stadig tot kookpunt en sit ’n deksel op. Laat nou prut vir sowat 30 - 40 minute tot die meeste van die vloeistof deur die perskes geabsorbeer is. Bedien warm met styfgeklopte room.

 

Om te drink
Gestoofde perskes vra ‘n lekker port! Suid-Afrika maak ‘n verskeidenheid liplekker portwyne. As jy een met ’n verskil soek, probeer ’n wit weergawe. Axe Hill, Boplaas, De Krans en Domaine Doornkraal maak wit portwyne.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels