Geurige maalvleis
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ek sorg altyd dat ek van dié maalvleis in my vrieskas het. Ek maak die groot hoeveelheid aan en verdeel dit in 5 porsies. Daarmee kan jy dan lasagne, herderspastei, gevulde aartappels en spaghetti bolognaise maak, en dit selfs as vulsel vir die pizzas gebruik.
(5 PORSIES)
- 20 ml kanola- of olyfolie
- 4 groot uie, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2,5 kg baie maer maalvleis
- 2 blikkies lensies met sous
- 4 wortels, gerasper
- 6 selderystingels, gekap
- 4 x 410 g-blikkies heel tamaties, gekap
- 80 ml tamatiepuree
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5 ml droë origanum
- 5 ml suiker
- hand vol gekapte pietersielie
Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol en soteer uie tot sag en glansend. Voeg knoffel by en soteer
nog 1 minuut. Roer maalvleis by met ’n groot vurk om los te maak en roerbraai tot bruin. Voeg lensies, wortels en seldery by en roer deur. Voeg tamaties en vloeistof in blikkies en tamatiepuree by en geur na smaak met sout en swartpeper asook die oreganum en suiker. Verhit tot kookpunt en prut so 2 uur. Roer elke 10 minute. Verwyder van hitte en roer gekapte pietersielie in. Laat afkoel tot kamertemperatuur,
verdeel in 5 porsies en vries.
Verwante artikels
-
Basisresep van bolognaise
SARIE Augustus 2011
Gebruik die basisresep vir die resepte wat volg. Maak sommer die resep in groot maat en vries in kleiner porsies.
-
Bruschetta met maalvleis en sagte eier
SARIE Augustus 2011
Sit dié een sommer voor vir ontbyt. As jy wil, braai spek tot bros en sit saam met die gereg voor.
-
Frikkadelle met tamatiesous en spaghetti
SARIE KOS Augustus / September 2011
Vir my is dit ’n klassieke pastagereg. Vandat ek kleintyd die Walt Disneyfliek Lady and the Tramp gesien het, waar die twee hondjies dié pasta eet, was ekmal daaroor. Begin deur eers die tamatiesous temaak.
-
Griekse Pizza
SARIE KOS Augustus / September 2011
My kinders is mal oor pizza. Dis jammer dat die gewone pizza soveel kaas en olierige bestanddele bevat. Ek maak dié pitapizzas gereeld oor naweke, vir die kinders net tot by die voorlaaste stap. Dit is altyd handig om pitabrode in die vrieskas te hê. Ontdooi dit net vir ’n paar minute in die mikrogolf. Ek gebruik ook soms die basiesemaalvleismengsel. Ek vries dit en ontdooi dan net ’n pakkie voor gebruik.
-
Maalvleis-koftas op koeskoes
Dié een is byna soos frikkadelle op ’n stokkie. Koeskoes is baie maklik om gaar te maak.
-
Vinnige bolognaise
SARIE Julie 2011
Kyk by jou supermark vir wors wat klaar gegeur is met speserye – ’n maklike manier om ekstra geur in ’n pastasous te sit.













Kommentaar