Grenadella-yskastert

Deur Herman Lensing, SARIE KOS Somer 2010/11

Grenadella-yskastert Foto’s: Donna Lewis Galery

(10 - 12 porsies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 155 g botter
  • 30 ml strooisuiker
  • 30 ml water
  • 250 ml laevet-room
  • 250 g suurroom (crème fraîche)
  • 4 x 100 g-blokke witsjokolade, grofgekap
  • 115 g grenadella-pulp
  • pulp van nog 4 grenadellas

Verhit oond tot 180 ˚C. Sit meel, botter en suiker in voedselverwerker. Verwerk tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Gooi water by en verwerk tot deeg bymekaar kom. Draai toe in kleefplastiek en sit in yskas vir 20 minute. Rol koue deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak tot 3 mm dik. Spuit 'n 30 X 15 cm-broodpan met kleefwerende sproei. Sny lang stroke bakpapier en sit in die lengte in broodpan - dit moet bo die rand van die pan uitkom. Voer pan met uitgerolde deeg uit. Sit in yskas en laat rus tot yskoud. Sny nog 'n stuk bakpapier en spuit met kleefwerende sproei. Sit binne-in uitgevoerde pan met gespuite kant direk op deeg. Vul tot bo met rou rys of bone. Plaas in warm oond en bak vir 10 minute. Verwyder bakpapier versigtig met rys binne-in. Sit kors terug in oond vir 5 minute of tot goudbruin. Laat afkoel. Meng room en crème fraîche tot 'n gladde mengsel. Sit in 'n mediumgroot pot en bring tot kookpunt. Voeg gekapte sjokolade by en roer tot gladde mengsel. Roer grenadella-pulp by. Gooi in afgekoelde kors en sit in yskas om te stol (sowat 1 uur). Lig tert versigtig uit pan met bakpapier wat oorhang. Trek onder tert uit en skep pulp van 4 grenadellas oor.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Amandeltert

    Amandeltert

    SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1

    Die Franse noem dit "frangipane". Hier is my weergawe daarvan.

  • Bosbessietert

    Bosbessietert

    SARIE KOS Herfs 2010

    Bosbessies (cranberries) smaak baie soos rosyne.

  • Franse appeltert

    Franse appeltert

    SARIE Julie 2010

    Daar is nou genoeg appels in die winkels vir die lekkerny. Ek wys jou stap vir stap hoe jy dit maak - van die deeg tot die vulsel.

  • Kaaskoekterte

    Kaaskoekterte

    SARIE KOS Herfs 2010

    As jy 'n kaaskoek verkies wat nie so lank bak nie, kan jy dit verander in 'n kaaskoektert. Gebruik dan quiche-panne (rond of langwerpig). Die vulsel word gehalveer. Onthou om ook die quiche-panne op 'n bakplaat in die oond te plaas.

  • Patat-tertjies

    Patat-tertjies

    SARIE - Mei 2010

    Nie heeltemal soet nie, maar ook nie eintlik sout nie.

  • Vryvorm-sjokolade-tert

    Vryvorm-sjokolade-tert

    SARIE - April 2010

    Die tert verg geen uitvoer van panne met deeg nie. Dis eenvoudig om te maak.Die tert stol eers heeltemal wanneer dit afkoel. Moet dit dus nie te lank bak nie, anders gaan die vet in die sjokolade uitborrel.

Kommentaar