Groenbone met gebraaide amandels

Deur Nettie Pikeur, SARIE KOS - Somer 2007

Groenbone met gebraaide amandels Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die slaaisous is na eie keuse, maar 'n ekstra titsel mosterd daarby gee byt aan die groente. Amandels word gebruik, aangesien ons in die Klein-Karoo amandels kweek, maar dennepitte of haselneute is ook lekker

(6 porsies)

  • 3 groot hande vol groenbone
  • 250 ml amandels
  • 30-45 ml botter
  • 200 ml slaaisous
  • sout en peper na smaak

Knip punte van groenbone af. Dompel in kookwater en kook tot sag maar nog ferm. Dreineer dadelik en spoel in 'n sif onder koue water af. Plaas in 'n opdienbak. As die amandels nog velletjies aan het, gooi kookwater oor en pel die amandels terwyl nog warm. Verhit botter in 'n pan en braai die amandels tot effens bruin. Haal dit uit die pan en laat afkoel. Gooi slaaisous oor die boontjies en versier met amandels.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • Produksie Barbara Joubert

Verwante artikels

  • Groenbone met aartappel en tamatie

    Groenbone met aartappel en tamatie

    SARIE KOS Winter 2010

    Baie mense sê dit moet net aartappel en bone wees, ander verkies groenbone en tamatie. Ek houvan al drie saam.

  • Kekerertjie-en-boneslaai

    Kekerertjie-en-boneslaai

    SARIE KOS Somer 2010/11

    Ek moet sê, die kombinasie van die fetakaas en bone is regtig lekker.

  • Uit my dorpsplaas-tuin

    Uit my dorpsplaas-tuin

    SARIE KOS - Somer 2007

    “Tot jy smôrens in jou eie tuin kan rondloop terwyl die dou nog lê, en ’n kooksel beet blare en al uit die grond trek, het jy nog nie gelewe nie”