Groente-en-seekostempura

Deur Arnold Hoon, SARIE KOS - Somer 2007

Groente-en-seekostempura Foto’s: Micky Hoyle Galery

Ah! Lang strande, lang someraande en lang kuiers by kosfoendi Arnold Hoon en aktrise Annalise Bosch op Paternoster. Dié bekende paartjie ontdek die kosskatte van die Weskus. Jy moet net aansit ...

(4-6 porsies)

  • 1 middelslag ui, in dik ringe gesny
  • 1 klein rooi soetrissie, ontpit en in skywe gesny
  • 2 murgpampoentjies, elk oorlangs in kwarte gesny
  • 6 wit sampioene, gehalveer
  • 6 vars aspersies of stukkies broccoli
  • 8 garnale, met die kop, maar die stertdop verwyder
  • 8 mossels in halfskulp
  • 12 ringetjies calamari
  • 4-6 klein repies vis van eie keuse

Tempuradeeg

  • 200 g koekmeel
  • 100 g mielieblom
  • yskoue sodawater
  • sonneblomolie vir diepbraai

Maak eers die deeg: Meng die koekmeel en mielieblom met genoeg sodawater tot 'n gladde beslag. Moenie te veel meng nie. Dit moet omtrent so dik soos Griekse jogurt wees. Verhit die olie in 'n groot kastrol en toets met 'n blokkie witbrood. As dit byna onmiddellik bruin bak, is die olie reg. Druk nou al die groente en seekos met kombuispapier droog. Doop elke stukkie groente en seekos afsonderlik in die tempuradeeg en bak tot die deeg liggoud van kleur is. Dreineer op kombuispapier. Sit warm voor saam met brood, tamatieblatjang en kaasfondue.

  • Produksie Barbara Joubert en Danny Toüa

Verwante artikels

  • Gróót steurgarnaalfees in Durban

    Gróót steurgarnaalfees in Durban

    SARIE - November 2009

  • Lang tafels by die see

    Lang tafels by die see

    SARIE KOS - Somer 2007

    Ah! Lang strande, lang someraande en lang kuiers by kosfoendi Arnold Hoon en aktrise Annalise Bosch op Paternoster. Dié bekende paartjie ontdek die kosskatte van die Weskus. Jy moet net aansit . . .

  • Witwyn-gestoomde mossels

    Witwyn-gestoomde mossels

    SARIE - Junie 2010

    Geniet saam met tuisgebakte brood of geurige geelrys.