Groente-en-vis-pakkies

Deur Herman Lensing, SARIE KOS Augustus / September 2011

Groente-en-vis-pakkies Foto’s: Donna Lewis Galery

Jy kan die pakkies reeds voor werk maak en in die yskas hou. Bak dit dan net wanneer jy by die huis kom.

(4 – 6 PORSIES)
30 MINUTE

  • 200 g vars aspersies
  • 250 g groenbone
  • 125 g vars suiker-ertjies (sugar snap peas)
  • 6 x 200 g-forelporsies
  • 20 ml vars gemmer, fyngerasper
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml witwyn
  • 80 ml botter
  • suurlemoen-kwarte

Verhit oond tot 180 °C. Sny 6 velle bakpapier van 25 x 25 cm en verdeel papier tussen 2 bakplate. Verdeel aspersies, groenbone en ertjies gelykop en pak in middel van elke vel. Sit forel velkant na onder op groente. Sprinkel gemmer en knoffel oor. Geur goed met sout en peper. Lig teenoorgestelde kante van papier op en hou teen mekaar. Vou 3 keer om – sowat 1 cm – sodat dit stewig sluit. Vou ook die 2 oop kante toe, maar voor jy die laaste een toevou, gooi ’n bietjie wyn en ’n stukkie botter in elke pakkie. Bak 12 – 15 minute of tot die pakkie opgepof en die vis gaar is. Sit warm voor met suurlemoen.

  • Assistent Jana van Sittert

Verwante artikels

  • Gebakte vis met aspersies

    Gebakte vis met aspersies

    SARIE - Maart 2011

    Dis die hoofgereg en jóú verantwoordelikheid.

  • Geroosterde salm-bruschetta

    Geroosterde salm-bruschetta

    SARIE KOS - Lente 2008

  • Salm en kapokaartappel

    Salm en kapokaartappel

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Ons is lief vir salm, maar dis nogal duur en daarom eet ons dit nie meer as een keer ’n week nie.

  • Salm gerook met rooibostee

    Salm gerook met rooibostee

    Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.

  • Salmone con Pancetta

    Salmone con Pancetta

    SARIE KOS Herfs 2009

    Salmforel toegedraai in pancetta met lensies en jogurt

  • Tongvis-normande

    Tongvis-normande

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Maak die gereg vir spesiale geleenthede – dis ryk, en die kombinasie van die room en-chardonnay-sousmaak dit besonders. Die ander lekkerte is dat die seekos in die wyn geposjeer word – en dit gee dit daardie ekstra smaak.

  • Warm salm-amper-niçoise

    Warm salm-amper-niçoise

    SARIE KOS Herfs 2010

Kommentaar