Groente in rooiwyn

Deur Barbara Joubert, SARIE - Desember 2008

Groente in rooiwyn Foto’s: Micky Hoyle Galery

(6 porsies)

Jy benodig

  • 30 ml olyfolie
  • 3 preie, in skywe gesny
  • 12 klein piekeluitjies
  • 4 wortels, in klein blokkies gesny
  • 1 groot seldery-stok, opgesny
  • sowat 3 vars tiemietakkies
  • 2 lourierblare
  • 500 ml rooiwyn
  • 200 g klein rosa-tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die preie en piekeluie vir sowat 8 minute. Voeg die wortels en seldery by en braai verder vir sowat 6 minute. Voeg die tiemie, lourierblare en rooiwyn by. Kook vir ongeveer 15 minute. Sit die groente in ’n oondbak. Verwyder die tinfoelie van die vleis en plaas die vleis bo-op die groente. Sit die bak in die warm oond en rooster vir sowat 45 minute. As die sap van die groente afkook, kan jy nog ’n bietjie rooiwyn byvoeg. Verwyder die tou en sny in dik skywe. Sit voor met lamsvleis bo-op die groente.

  • Plek Hadeda

Verwante artikels

  • Groente-terrien

    Groente-terrien

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Dis 'n wonderlike voorgereg. 6 porsies