Groente-roerbraai met noedels
Foto’s: Micky Hoyle Galery
30 minute - 4 porsies
- 30 ml sonneblomolie
- 2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
- 1 rooi-ui, gehalveer, in dun skywe gesny
- 1 geel soetrissie, in repe gesny
- 1 rooi soetrissie, in repe gesny
- 1 groen soetrissie, in repe gesny
- 4 murgpampoentjies, in lang stokkies gesny
- 250 g sampioene, in skywe gesny
- 7 sprietuie, in lang repe gesny
- 150 g spruite
- 45 ml sojasous
- 45 ml Worcestersous
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 200 g noedels
Verhit die olie in ’n wok of ’n groot pan. Die olie moet lekker warm wees. Voeg die knoffel by en braai vir so 30 sekondes. Voeg die ui, soetrissies, murgpampoentjies en sampioene by. Roerbraai die groente vir 5 minute. Voeg die sprietuie (hou ’n paar eenkant om bo-op die roerbraai voor te sit) en spruite by. Roerbraai vir nog 2 minute. Meng die sojasous en Worcestersous en voeg by die groente. Geur met sout en swartpeper. Braai nog 2 minute. Kook die noedels volgens die aanwysings op die pak en meng deur die groente. Sit onmiddellik voor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Beesvleis-roerbraai
SARIE KOS Winter 2009
-
Hoenderroerbraai met brandrissiesous
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Thai beesvleis-roerbraai
SARIE KOS - Lente 2008
















Kry jou SARIE oral, enige tyd