Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert

Deur Barbara Joubert

Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dié een móét jy net maak - dis lekkerte, gewaarborg!

(twee langwerpige kaaskoekterte van 9,5 x 33 cm)

Verhit oond tot 180 °C. Gebruik die volledige korsresep en voer 2 langwerpige losboom-quichepanne daarmee uit.(romerige gebakte kaaskoek)
Vulsel: Gebruik gehalveerde resep (sien kaaskoekterte) en voeg 75 ml grondboontjiebotter (glad of grof, soos verkies) ná die room by. Meng goed. Plaas quiche-panne op 'n bakplaat en vul. Skep 45 ml karamelsous (sien bl. 66) bo-op. Bak vir 15 minute en draai temperatuur af na 120 °C. Bak vir nog 45 minute en haal uit. Laat afkoel.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Kaaskoek met framboos-mascarpone-kaas

    Kaaskoek met framboos-mascarpone-kaas

    SARIE - Desember 2008

    Jou familie sal spesiaal voel as jy vir elkeen sy eie klein kaaskoekie bak

  • Kaaskoek-kolwyntjies

    Kaaskoek-kolwyntjies

    SARIE - September 2008

    Dis ’n heerlike kombinasie van sjokolade- en kaaskoek

  • Kombinasie-kaaskoek

    Kombinasie-kaaskoek

    SARIE - Mei 2007

    Ek is mal oor kaaskoek en kan nooit besluit tussen die yskaskaaskoek of ’n gebakte kaaskoek nie. En hoekom nie altwee in een koek nie? Onthou om die vorige dag met die koek te begin.

  • Warm sjokolade-kaaskoek

    Warm sjokolade-kaaskoek

    SARIE - Junie 2006

    'n Heerlike kaaskoek bly maar 'n verleiding. Ons is geneig om kaaskoek koud te eet, maar dié kaaskoek is op sy lekkerste warm.

Kommentaar

Web Development by FormFunction