Groot appeltert
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jou kollegas sal aangenaam verras wees as jy by die werk met dié tert vorendag kom.
(8 PORSIES)
- 2 velle (400 g elk) bevrore blaardeeg
- 1 blik (765 g) onversoete appels
- 90 ml (6 eetlepels) sagte bruinsuiker
- 1 eier, geklits
- Verhit oond tot 180 °C. Ontdooi die blaardeeg, maar maak seker dis nie te pap nie. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kleefwerende sproei. Plaas een vel blaardeeg bo-op die papier.
- Meng appels en suiker in ’n mengbak.
- Skep appels bo-op deeg en hou so 2 cm van die rande oop. Smeer die rand met die geklitste eier.
- Plaas die tweede vel deeg bo-op. Druk die twee velle deeg goed teen mekaar vas. Verf die boonste laag deeg met geklitste eier. Plaas in warm oond vir 55 – 60 minute tot deeg gaar en bros is. Haal uit en sit voor saam met styfgeklitste room.




- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Amandel-appeltert
SARIE Julie 2011
Die Franse praat van frangipane – dis basies gelyke dele botter en amandels wat tot ’n heerlike gladde pasta gemeng word.
-
Appeltert
SARIE - November 2005
’n Lekker tert vir nagereg is altyd ’n wenner
-
Appeltert
SARIE Junie 2011
-
Franse appeltert
SARIE Julie 2010
Daar is nou genoeg appels in die winkels vir die lekkerny. Ek wys jou stap vir stap hoe jy dit maak - van die deeg tot die vulsel.
-
Lekkerste appeltert
SARIE KOS - Somer 2007
Warm of koud, 'n lekker appeltert bly lekker. Ek verkies dit warm, met geklopte room of roomys.
-
Maklike appeltertjies
SARIE KOS - Somer 2007
Dikwels soek 'n mens 'n resep wat nie baie moeite is nie, maar almal beïndruk. Wel, hier is so 'n resep. Die tertjies lyk amper soos Franse appeltertjies, maar is veel makliker
-
My lekkerste appeltert
SARIE - Maart 2007
Ek dink nie jy sal weer ’n ander appeltert maak as jy eers dié een probeer het nie. Jy kan natuurlik ook ’n grote maak (dan het jy ’n losboom-quiche-pan met ’n deursnee van 23 cm nodig).





















Kommentaar