Ham-mosterd-en-kaas-pasteie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
4 porsies – 30 minute
- 2 velle blaardeeg
- 10 snye ham
- 25 ml korrelmosterd
- 250 g gerasperde cheddarkaas
- 1 eier, geklits
Verhit oond tot 200 °C. Plaas een vel blaardeeg op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Rangskik ham bo-op. Hou so 2 cm deeg reg rondom oop. Smeer korrelmosterd op ham en sprinkel kaas oor. Bedek met die tweede deegvel en druk die kante baie goed saam. Smeer geklitste eier oor en plaas in die warm oond. Bak tot deeg gaar en goudbruin is. Sny in groot vierkante en sit warm voor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Hoenderpastei
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
Geen familie-Kersfees sal volmaak wees sonder hoenderpastei nie. Hier is dit soos ek dit by my ma leer maak het.
-
Kerrie-lam-skenkel-pastei
SARIE Maart 2010
As jy, soos ek, versot is op lam, kerrie en pastei is die drie-in-een-gereg vir jou!
-
Lam-en-ertjie-pasteitjies
SARIE - Mei 2010
Jy kan dit al die aand voor die tyd maak en net die oggend voor julle vertrek bak en toedraai.
-
Lise Beyers' cold pork pies
SARIE KOS Herfs 2010
-
Spinasiepastei met fillo-deeg
SARIE KOS April/Mei 2011
















Kry jou SARIE oral, enige tyd