Hamburgers
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(4 PORSIES)
- ½ koppie bruin basmatirys
- 200 g laevet-maalvleis
- 1 eetlepel tamatiesous
- 1 eetlepel soet brandrissiesous
- 1 ui, fyngekap
- hand vol vars pietersielie, fyngekap
- 1 eier
- Himalaja-sout en varsgemaalde peper
- 4 volgraan-broodrolletjies
- slaaiblare van jou keuse
- tamatie
Voorverhit oond tot 200 ºC en bespuit ’n bakplaat met kleefwerende sproei. Kook die rys 15 minute lank of tot gaar. Meng die gaar rys met die res van die bestanddele in ’n bak en laat dit vir 30 minute staan. Vorm vier patties daaruit en bak dit 20 minute lank op die bakplaat sonder om hulle om te draai. Skakel die oondrooster aan om dit mooi bruin te braai. Sit voor op die broodjie. Hou dit gesond deur die botter uit te los en garneer met tamatie en slaaiblare.
Verwante artikels
-
Beesvleis-burger
SARIE KOS - Somer 2008
-
Hamburger met avokadopeer en spek
SARIE - Julie 2005
Ons almal kan nou en dan so ’n bietjie sondig - veral op ’n Vrydagaand ná ’n week se harde werk.
-
Hamburger-pasteie
SARIE KOS - Winter 2008
Jy hoef nie saans ure in die kombuis deur te bring nie - niks langer as 30 minute nie!
-
Hoender-burgers
SARIE KOS Winter 2009
-
Kaasburger
SARIE - April 2011
-
Lekker hamburgers
SARIE - Augustus 2008
Dink aan Amerika en jy dink aan hamburgers.
-
Pita-burgers en skyfies
20 minute
-
Varkvleis-burger
SARIE KOS - Somer 2008
My gunsteling van alle burgers!
















Kommentaar