Happiegrootte koek
Foto’s: Dirk Pieters Galery
Ek bak gereeld koek-uit-die-boks vir gaste. Tooi dit op jou unieke manier en niemand sal dit raai nie.
(12 porsies)
- 1 x boks witkoek (ek verkies Ina Paarman s'n)
- 125 ml room
- 100 g witsjokolade, grofgekap
- 100 g pistasieneute, gekap
- eetbare sneeuvlokkies (besoek www.nicoletta.co.za)
Verhit oond tot 180 ˚C. Maak deeg vir koek aan volgens aanwysings op boks. Verdeel mengsel tussen happiegrootte motiefpanne. Bak vir 10 - 12 minute of tot goudbruin en gaar. Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Laat afkoel. Plaas koekies op opdienbord en gooi sjokoladesous oor. Sprinkel pistasieneute en sneeuvlokkies oor. Sit voor.
Wenk: As jy nie so 'n pan met vorms kan kry nie, kyk by jou naaste supermark vir kolwyntjiepanne waarvan die holtes happiegrootte is. Daar is gewoonlik 24 in een pan. Een holte het 'n volume van 35 ml.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Beetkoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
-
Heuningkoekpoeding
SARIE KOS Winter 2009
-
Kaaskoekterte
SARIE KOS Herfs 2010
As jy 'n kaaskoek verkies wat nie so lank bak nie, kan jy dit verander in 'n kaaskoektert. Gebruik dan quiche-panne (rond of langwerpig). Die vulsel word gehalveer. Onthou om ook die quiche-panne op 'n bakplaat in die oond te plaas.
-
Piesang-en-gemengde-neutekoek
SARIE Augustus 2010
-
Pynappel-wortelkoek
SARIE Augustus 2010
-
Witwortel-en-witsjokoladekoek
SARIE Augustus 2010
Hierdie kombinasie het ek die eerste keer in Gordon Ramsay se restaurant Maze in Londen geproe. Dit het dié koek geïnspireer.
















Kommentaar