Haring-en-appelslaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Haring koop jy in supermarkte en deli’s. As jy nie haring-filette in die hande kan kry nie, kan jy ook rolmops gebruik. Dié slaai gaan oor die interessante kombinasie van bestanddele.
(4 porsies)
- 4 haring-filette (jy kan natuurlik meer gebruik, bv. twee per persoon)
- 4 rooi appels, in dun skywe gesny
- 1 selderystok, in dun skyfies gesny
- sowat 6 sprietuie
Jogurt-slaaisous
- 300 ml griekse jogurt
- 30 ml suurlemoensap
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- sowat 6 grasuie, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Rangskik al die bestanddele op ’n opdienbord. Meng al die bestanddele vir die jogurt-slaaisous goed saam en geur met sout en swartpeper. Bedien die sous apart in ’n bakkie sodat elke persoon kan besluit hoeveel om te gebruik.
Om te drink
’n Verfrissende vonkelwyn. Avondale het pas ’n organiese cap classique bekend gestel, die perfekte pasmaat vir dié slaai.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Geroosterde groente met pasta
SARIE KOS - Herfs 2008
Dié gereg kan ook koud, as 'n verfrissende pastaslaai, voorgesit word.
-
Haring-en-appelslaai
SARIE KOS Feb/Mrt 2012
Gepekelde haring is nogal suur. Die soet van die appel is heerlik daarby.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd