Haring-en-appelslaai

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Feb/Mrt 2012

Haring-en-appelslaai Foto’s: Micky Hoyle Galery

Gepekelde haring is nogal suur. Die soet van die appel is heerlik daarby.

(4 porsies)

  • 6 gepekelde harings
  • 2 lang stokke seldery, in skywe gesny
  • 1 groot sprietui, in skywe gesny
  • 2 Star King-appels, in blokkies gesny met skil en al
  • 125 ml crème fraîche
  • 30 ml Bulgaarse jogurt
  • 15 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 40 g roket

Sny harings in groot blokke. Sit in groot slaaibak saam met seldery, sprietui en appels. Meng crème fraîche, jogurt en melk. Geur met sout en peper. Gooi oor slaai en meng versigtig deur. Sprinkel vars roket oor.

Wenk
Nog ’n baie lekker kombinasie is haring en gekookte beet. Jy kan die resep hierby volg en blokkies gaar beet byvoeg. Onthou net dat die sous pienk gaan word.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Appel-en-koolslaai

    Appel-en-koolslaai

    SARIE KOS Feb/Mrt 2012

    Almal ken fyngekapte koolslaai met wortel en rosyne. Ek het grootgeword met ’n koolslaai waarby altyd appel gevoeg is. Die soet van die appels werk goed saam met die effe bitter smaak van die kool.

  • Gepekelde haring met crème fraiche en beet bruschetta

    Gepekelde haring met crème fraiche en beet bruschetta

    SARIE - Januarie 2005

    Bruschette is 'n wonderlike manier om mee te onthaal. Wat bo-op 'n bruschetta kom kan vooraf gemaak word en die meeste bestanddele kan jy klaar by deli's koop - en dis lekker veral in die vakansietyd.

  • Haring-en-appelslaai

    Haring-en-appelslaai

    SARIE KOS - Lente 2008

    Haring koop jy in supermarkte en deli’s. As jy nie haring-filette in die hande kan kry nie, kan jy ook rolmops gebruik. Dié slaai gaan oor die interessante kombinasie van bestanddele.

Kommentaar