Haselneut-madeleines in ’n lepel

Deur Herman Lensing, SARIE - Februarie 2010

Haselneut-madeleines in ’n lepel Foto’s: Donna Lewis Galery

Ek het die idee om madeleines in ’n lepel te bak in ’n Australiese kostydskrif gesien. Dis ’n eenvoudige oplossing as jy nie deftige madeleinepannetjies het nie.

sowat 16 koekies

  • 60 g (100 ml) koekmeel
  • 65 g (125 ml) strooisuiker
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 1 eier
  • 60 g (65 ml) botter, gesmelt
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 50 g haselneute, gerooster, skilletjies verwyder, fyngekap

Verhit oond tot 180 ˚C. Sif al die droë bestanddele saam in ’n groot mengbak. Meng eier, botter en vanielje saam. Gooi by droë bestanddele en meng goed tot ’n gladde deeg. Vou haselneute in. Gebruik ’n bakplaat met ’n rand van 5 cm hoog en pak 16 eetlepels daarop. Spuit hulle goed met kleefwerende middel. Laat stele van lepels op rand van bakplaat rus om te verseker die holtes lê reguit. Plaas twee teelepels beslag in elke lepelholte en bak vir 8 – 10 minute tot goudbruin en gaar.

Wenk
Jy kan die geur van die madeleines aanpas nes jy verkies. Gebruik bv. rooswater, lemoenbloeiselwater of amandelgeursel.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar

Verwante artikels

Web Development by FormFunction