Hawermoutkoekies

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Somer 2007

Hawermoutkoekies Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dit is altyd 'n gewilde happie vir 'n kosblik. Gebruik 'n bakplaat van sowat 30 cm x 20 cm

  • 550 ml hawermout
  • 250 ml klapper
  • 250 ml suiker
  • 250 ml koekmeel
  • 3 ml sout
  • 130 g botter
  • 30 ml heuning
  • 5 ml koeksoda
  • 25 ml melk

Meng die hawermout, klapper en suiker. Sif die meel en sout saam. Roer die hawermoutmengsel by die meel. Smelt die botter, voeg die heuning by en laat effens afkoel. Los die koeksoda in die melk op en meng met die bottermengsel. Voeg die droë bestanddele by en meng goed. Druk die mengsel op 'n gesmeerde bakplaat vas en bak vir 20 - 30 minute teen 180 °C. Haal uit en sny dadelik in blokke. Laat in die bakplaat afkoel.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • In samewerking met Amanda Weber

Verwante artikels

  • Gesonde kos in die skoolkosblik

    Gesonde kos in die skoolkosblik

    SARIE KOS - Somer 2007 | Kommentaar: 1

    Vir baie kinders is dit tyd mors om te eet. Om te speel is mos meer pret! Dieetkundige Amanda Weber gee smullekker idees en onthou-feite om jou kind se kosblik interessant én gesond te maak

  • Pampoensaad-en-klapperkoekies

    Pampoensaad-en-klapperkoekies

    SARIE KOS Somer 2010/11

    Dié koekies is onder my gunstelinge. Hulle bak nie droog soos ander koekies nie, maar bly so half sag in die middel.

Galery

  • Hawermoutkoekies
  • Hawermoutkoekies in die kosblik

Web Development by FormFunction