Heel ontbeende hoender gevul met ricotta-kaas en spinasie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy kan ook hoenderborsies met vel ontbeen. Maak vel los en stop met vulsel tussen die vleis en vel.
(4 - 6 porsies)
vulsel
- 400 g baba-spinasieblare
- 15 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 eier, geklits
- 500 g ricotta-kaas
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Gooi kookwater oor die spinasie en laat staan vir sowat 3 minute. Dreineer en druk al die water uit die blare. Kap fyn in voedselverwerker. Verhit olyfolie in 'n pan en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg spinasie by en braai verder vir nog sowat 2 minute. Gooi gebraaide spinasie in mengbak en laat afkoel. Voeg eier en ricotta-kaas by. Meng goed en geur met sout en peper.
- 1 hoender van tussen 1,3 kg - 1,5 kg
- sap van 1 suurlemoen
- sowat 60 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180 °C. Sit die hoender op 'n werkoppervlak met die borskant na onder. Sny in die middel van die rugkant oop (of vra jou slagter). Begin teen die karkas van die hoender die vleisgedeelte met 'n skerp mes afsny. Wanneer jy by die vlerkies en boudjies kom, breek die beentjies by die lit deur. Die vlerkies en boudjies word afgesny. Lig die karkas uit wanneer dit loskom. Sit vulsel in middel en vou toe. Bind vas met tou en sit in oondroosterbak. Gooi suurlemoensap en olyfolie oor. Geur met sout en peper. Bak vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel. Sny in skywe en sit voor teen kamertemperatuur.
Om te drink
'n Vrugtige witwyn soos sauvignon blanc of as jy rooiwyn verkies, 'n mediumronde wyn, soos merlot
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Heel geroosterde hoender met knoffel en suurlemoen
SARIE KOS Herfs 2010
As jy van suurlemoen hou, sal jy hierdie effens Marokkaanse resep geniet.
-
Hoenderborsies gevul met pesto en mozzarella
SARIE - Julie 2005
Raak vanaand so ’n bietjie van jou frustrasies by die werk ontslae, want jy moet die hoenderborsies met ’n koekroller platslaan!
-
Hoenderstukke gebak met tamatie
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Ontbeende hoender
SARIE KOS Winter 2010
Dis nie so moeilik om 'n hoender te ontbeen nie. My manier is om net die bors- en rugbeen te verwyder.
-
Oondgeroosterde hoender met okkerneute
SARIE - Desember 2009
-
Ricotta-en-murgpampoentjie-koekies
SARIE KOS Feb/Mrt 2012
-
Suurlemoen-knoffel-hoenderboudjies
SARIE KOS Somer 2009/10
30 minute
















Kommentaar