Herfsgroentesop
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 25 ml olyfolie
- 4 uie, fyngekap
- 500 g groen groente soos brokkoli, murgpampoentjies, spinasie en ertjies
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- sap van 1 suurlemoen
- 750 ml hoenderaftreksel
- 125 ml room
Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die room, by en kook tot sag. Versap die mengsel en geur met sout en peper. Voeg die room by en bring tot nét by kookpunt. Garneer met vars geblansjeerde groenbone.
Om te drink
Die organiese Waverley Hills 2007 Semillon/Sauvignon Blanc versnit werk vir al 3 soppe. Dis vol tropiese geure, met ’n talmende nasmaak.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Groentesop
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Kerrie-botterskorsiesop
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
-
Uit my kruietuin
SARIE KOS - Herfs 2008
Spysenier Annalize Buchanan is op haar gelukkigste wanneer sy kruie kan proe in haar uithaler-disse
















Kry jou SARIE oral, enige tyd